BINNEKORT · NOVEMBER 2026

Jou brein kan jou grootste vriend wees.Of jou ergste teenstander.

Voorblad van Jou Brein: Vriend of Vyand deur Hennie Terblanche

Lê jy snags wakker terwyl jou kop die ergste oor en oor afspeel? Of werk alles by die oefening, net om in die wedstryd uitmekaar te val? Dis nie 'n gebrek aan wilskrag nie. Dis programme. En programme kan herskryf word.

Hoor eerste wanneer dit uit is

Eers verstaan, dan toepas · deur Hennie Terblanche

Kom op die lys

Wees van die eerstes wat hoor wanneer die boek beskikbaar is. Ons stuur jou een boodskap, en ons deel jou besonderhede met niemand nie.

Die Afrikaanse en die Engelse uitgawe: Jou Brein, Vriend of Vyand en Your Brain, Friend or Foe
In watter taal wil jy die boek lees?

Eers verstaan, dan toepas

Wat jy in die boek kry

Deel 1

Jou Brein, Vriend of Vyand

Verstaan hoe jou brein werk, hoe programme soos vrees, minderwaardigheid en jaloesie gevorm word, en hoe jy dit kan herprogrammeer vir 'n vryer, doelgerigte en vervullende lewe.

Deel 2

Jou Kop as Spanmaat

Dieselfde beginsels op die veld, die baan en die kolfblad. Geskryf vir die sportpersoon, van die o/13-span tot die Springbokke, maar net so kragtig by die werk, in jou besigheid, verhoudings en gesin.

“Jy kry nie in die lewe wat jy wíl hê nie. Jy kry wat jy glo.”

Vir wie is dit?

Herken jy jouself?

  • Vir die persoon wat snags wakker lê en die ergste oor en oor afspeel.

  • Vir die sportpersoon wat by die oefening skitter, maar in die wedstryd vries.

  • Vir die werknemer wat elke Sondagaand met 'n swaar hart aan Maandag dink.

  • Vir die ouer wat wil hê hulle kinders moet met 'n gesonde selfbeeld grootword.

  • Vir die besigheidseienaar wat sy span na die volgende vlak wil neem.

  • Vir die persoon wat van voor af moet begin.

Die perfekte Kersgeskenk

Sokkies raak op. Sjokolade word geëet. Gee hierdie Kersfees iets wat iemand se hele jaar kan verander.

Hoor eerste

Vir besighede en winkels

Koop in grootmaat

Koop jy vir jou span, of wil jy die boek in jou winkel aanhou? Hennie bied grootmaat-pryse aan.

Kontak Hennie
Hennie Terblanche

Oor die skrywer

Hennie Terblanche

Hennie Terblanche is 'n lewensafrigter en berader uit George wat mense nie net wil inspireer nie, maar wil aktiveer. Met sy agtergrond in teologie, berading en leierskap help hy individue, spanne en besighede om hulle denke te verstaan en hulle volle potensiaal uit te leef.

Lees meer oor Hennie

Gereelde vrae

Wat mense vra

Wanneer is die boek beskikbaar?

In November 2026. Teken in op die lys, dan hoor jy eerste.

Wat gaan dit kos?

Die prys word by die bekendstelling aangekondig. Mense op die lys hoor dit eerste.

Is daar 'n Engelse uitgawe?
Voorblad van Your Brain: Friend or Foe

Ja, Your Brain: Friend or Foe en Your Mind as a Teammate. Kies "Engels" in die vorm.

Kan ek vir my span of winkel koop?

Ja, kontak Hennie vir grootmaat-pryse.

Privaatheidskennisgewing

Hennie Terblanche (George) is verantwoordelik vir die besonderhede wat jy hier gee. Ons gebruik jou naam, selfoonnommer en e-pos net om jou oor die boek Jou Brein: Vriend of Vyand en verwante produkte te kontak. Ons deel dit met niemand nie en verkoop dit nooit nie. Jy kan enige tyd vra dat ons jou van die lys afhaal, of wil weet watter inligting ons van jou het: stuur 'n e-pos na hennieter@gmail.com.