Dienste

Dienste by Hennie Terblanche

Hulp wat by jou situasie pas — van een persoon wat vasgeval voel, tot 'n hele span wat saam wil groei.

"Ek leer mense hoe die mens se denke werk en hoe vaste lewensbeginsels toegepas kan word om blywende verandering te skep." Elke diens hieronder — berading, een-tot-een afrigting, spanontwikkeling en werkswinkels — is net 'n ander manier waarop hierdie kernmissie uitgeleef word.
01

Een-tot-een ondersteuning en ontwikkeling

Soms het ons net iemand nodig wat saam met ons na die groter prentjie kyk. Ek help mense om hul denke, emosies en lewensuitdagings beter te verstaan sodat hulle met nuwe insig, hoop en doelgerigtheid vorentoe kan beweeg. Hierdie ondersteuning is geskik vir enigiemand wat persoonlik, professioneel of emosioneel wil groei en die beste weergawe van hulself wil word.

Kontak vir 'n kwotasie →
02

Berading

Die meeste mense ervaar op een of ander stadium uitdagings wat 'n negatiewe invloed op hul lewe het. Soms is dit die gevolg van seerkry, verlies, teleurstelling, trauma of lewenservarings wat hulle terughou en verhinder om met vrymoedigheid vorentoe te beweeg. Ek help mense om hierdie uitdagings beter te verstaan, gesond te verwerk en praktiese maniere te ontwikkel om dit te hanteer, sodat hulle met nuwe perspektief, groter innerlike vryheid en hernude hoop die pad vorentoe met selfvertroue kan aanpak.

Kontak vir 'n kwotasie →
03

Groepsessies vir maatskappye

Sterk organisasies word gebou deur mense wat hulself verstaan, verantwoordelikheid neem en doelgerig saamwerk. Ek bied werkswinkels en interaktiewe sessies aan wat individue en spanne help om hul denke, kommunikasie en samewerking te ontwikkel. Deur vaste lewensbeginsels prakties toe te pas, skep ons 'n kultuur waar mense met groter fokus, inisiatief, kreatiwiteit en energie kan bydra tot die sukses van die organisasie.

Kontak vir 'n kwotasie →
04

Werkswinkels

Ons persepsies verander wanneer ons verstaan hoe ons denke, emosies en oortuigings ons lewenservarings bepaal. Hierdie werkswinkels help mense om die rol van hul denke en emosies beter te leer verstaan, vaste lewensbeginsels te ontdek en praktiese hulpmiddels te ontvang om die daaglikse uitdagings van die lewe met groter insig, vrymoedigheid en verantwoordelikheid te hanteer.

Kyk na werkswinkels →

Kwotasie

Kontak my vir 'n kwotasie

Vertel my kortliks wat jy nodig het, en ek kontak jou binnekort.