Werkswinkels
Werkswinkels by Hennie Terblanche
Halfdag-ervarings oor hoe ons denke werk — praktiese beginsels wat jy dadelik in jou eie lewe kan begin toepas.
Die volgende werkswinkel word binnekort aangekondig
Volg Hennie op Kreatiewe Denke of kontak hom direk om eerste te hoor wanneer die datum bekend is.
Werkswinkels by jou
Wil jy 'n praktiese werkswinkel by jou dorp of organisasie aanbied?
Hennie is beskikbaar om 'n halfdag-werkswinkel by enige dorp of maatskappy aan te bied. Vertel my 'n bietjie meer, en ons kyk saam na 'n datum wat werk.
Terugvoer van vorige werkswinkel-deelnemers
Uittreksels uit terugvoer wat deelnemers ná vorige werkswinkels gegee het.
"Sjoe, Hennie het die vermoë om komplekse vrae en situasies op 'n praktiese, verstaanbare manier aan mense te verduidelik."
— Werkswinkel-deelnemer
"Hennie het 'n praktiese en humoristiese manier om diep waarhede oor te dra en mense opgewonde te laat voel om dit toe te pas."
— Werkswinkel-deelnemer
"Jy kan sien dat Hennie 'n passie het vir dit wat hy doen en dit geniet om mense te help."
— Werkswinkel-deelnemer
"Hierdie werkswinkel het regtig my oë oopgemaak en my net weer laat besef hoe onkundig ons as mense is oor hoe amazing die brein is, en ons verantwoordelikheid oor wat ons bedink of waarmee ons onsself besig hou elke dag."
— Werkswinkel-deelnemer
"Die werkswinkel was een van die beste beleggings wat ek nog in my lewe vir myself gedoen het. Ek voel elke persoon moet dit bywoon — sommer 'n paar keer."
— Werkswinkel-deelnemer
"Ek is so spyt dat ek eers so laat in my lewe so 'n werkswinkel bygewoon het."
— Werkswinkel-deelnemer
"Ek was een van daardie persone wat bang was vir enigiets vreemds, selfs as hulle net oor energie gepraat het. Dank tog ek het die moed gehad om die werkswinkel by te woon. Dit het al my vrese weerlê en my sommer weer opgewonde gemaak om elke dag op te staan en te besef ek het die potensiaal in my om enige uitdaging te kan hanteer."
— Werkswinkel-deelnemer
"Ek was moedeloos en nie meer lus om te leef nie. Hierdie werkswinkel het my lewe verander en ek sal nooit weer dieselfde wees nie. Baie, baie dankie."
— Werkswinkel-deelnemer
Gaan dit sleg met jou? SADAG se hulplyn is beskikbaar by 0800 567 567, of SMS 31393.