Lewensafrigter & Berader · George, Wes-Kaap
Hennie TerblancheKreatiewe Denke
Ek help mense om beperkende denkpatrone te identifiseer en nuwe positiewe programme in hulle onderbewussyn vas te maak, sodat hulle beter keuses kan maak en meer in hul potensiaal kan leef ten spyte van die uitdagings wat elke dag oor elkeen se pad kom.
Vandag se gedagte uit die boek
Die grootste vyand van geloof is “feite en realiteite” wat lynreg teenoor jou prentjie en storie van die oplossing staan, en wat dan ook nog gedryf word deur negatiewe emosies soos vrees. Die mens het nooit werklik besef, of geleer, dat ons grootste verantwoordelikheid, te alle tye, is waarop ons fokus en wat ons bedink nie. Soos jy dink, so is jy.
Uit Jou Brein: Vriend of Vyand · Binnekort
Die volgende werkswinkel word binnekort aangekondig
Volg Hennie op Kreatiewe Denke of kontak hom direk om eerste te hoor wanneer die datum bekend is.
Oor Hennie
'n Praktiese mens wat mense wil aktiveer, nie net inspireer nie.
My lewe was 'n reis van vrae, ontdekking en groei. Deur jare se ervaring in teologie, berading, leierskap en persoonlike ontwikkeling het ek geleer dat ware verandering begin wanneer ons onsself beter verstaan. Vandag is my passie om mense te help om met nuwe perspektief, innerlike vrede en praktiese lewensbeginsels die beste weergawe van hulself te word.
Dienste
Hulp wat by jou situasie pas — van een persoon tot 'n hele span.
"Ek leer mense hoe die mens se denke werk en hoe vaste lewensbeginsels toegepas kan word om blywende verandering te skep." Elke diens hieronder — berading, een-tot-een afrigting, spanontwikkeling en werkswinkels — is net 'n ander manier waarop hierdie kernmissie uitgeleef word.
Een-tot-een ondersteuning en ontwikkeling
Soms het ons net iemand nodig wat saam met ons na die groter prentjie kyk. Ek help mense om hul denke, emosies en lewensuitdagings beter te verstaan sodat hulle met nuwe insig, hoop en doelgerigtheid vorentoe kan beweeg. Hierdie ondersteuning is geskik vir enigiemand wat persoonlik, professioneel of emosioneel wil groei en die beste weergawe van hulself wil word.
Berading
Die meeste mense ervaar op een of ander stadium uitdagings wat 'n negatiewe invloed op hul lewe het. Soms is dit die gevolg van seerkry, verlies, teleurstelling, trauma of lewenservarings wat hulle terughou en verhinder om met vrymoedigheid vorentoe te beweeg. Ek help mense om hierdie uitdagings beter te verstaan, gesond te verwerk en praktiese maniere te ontwikkel om dit te hanteer, sodat hulle met nuwe perspektief, groter innerlike vryheid en hernude hoop die pad vorentoe met selfvertroue kan aanpak.
Groepsessies vir maatskappye
Sterk organisasies word gebou deur mense wat hulself verstaan, verantwoordelikheid neem en doelgerig saamwerk. Ek bied werkswinkels en interaktiewe sessies aan wat individue en spanne help om hul denke, kommunikasie en samewerking te ontwikkel. Deur vaste lewensbeginsels prakties toe te pas, skep ons 'n kultuur waar mense met groter fokus, inisiatief, kreatiwiteit en energie kan bydra tot die sukses van die organisasie.
Werkswinkels
Ons persepsies verander wanneer ons verstaan hoe ons denke, emosies en oortuigings ons lewenservarings bepaal. Hierdie werkswinkels help mense om die rol van hul denke en emosies beter te leer verstaan, vaste lewensbeginsels te ontdek en praktiese hulpmiddels te ontvang om die daaglikse uitdagings van die lewe met groter insig, vrymoedigheid en verantwoordelikheid te hanteer.
Werkswinkels by jou
Wil jy 'n praktiese werkswinkel by jou dorp of organisasie aanbied?
Terugvoer van vorige werkswinkel-deelnemers
Uittreksels uit terugvoer wat deelnemers ná vorige werkswinkels gegee het.
"Die werkswinkel was een van die beste beleggings wat ek nog in my lewe vir myself gedoen het. Ek voel elke persoon moet dit bywoon — sommer 'n paar keer."
— Werkswinkel-deelnemer
"Hennie het 'n praktiese en humoristiese manier om diep waarhede oor te dra en mense opgewonde te laat voel om dit toe te pas."
— Werkswinkel-deelnemer
"Hierdie werkswinkel het regtig my oë oopgemaak en my net weer laat besef hoe onkundig ons as mense is oor hoe amazing die brein is."
— Werkswinkel-deelnemer
Gereed om 'n stap te neem?
Bespreek jou plek by die werkswinkel, of stuur vir Hennie 'n boodskap oor waarmee jy hulp soek.